Boeginees
Boeginees (Basa Ugi, ᨅᨔ ᨕᨘᨁᨗ; letterlik: "taal van Boegi/Oegi") is 'n Maleis-Polinesiese taal wat in Suidoos-Asië op die eiland Sulawesi van Indonesië gepraat word. Die taal word tans deur sowat 5,5 miljoen mense gepraat, hoofsaaklik Boeginese, en word met die Latynse alfabet of die Lontara-skrif geskryf.
Boeginees Basa Ugi, ᨅᨔ ᨕᨘᨁᨗ | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Indonesië | |
Gebied: | Suidoos-Asië | |
Totale sprekers: | 5,5 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Austronesies Maleis-Polinesies Kern-Maleis-Polinesies Suid-Sulawesi Boeginees | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet (algemeen) Lontara-skrif (opsioneel) | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | bug | |
ISO 639-3: | bug | |
Boeginees was eens saam met Javaans en Maleis een van die tale van die Kaapse Maleiers in Suid-Afrika, toe hulle na die stigting van Kaapstad deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie van Nederlands-Indië na die Nederlandse Kaapkolonie gebring is, maar dit is eers deur Nederlands vervang en het later tot Afrikaans ontwikkel.
Verwysings
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Bugis" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Desember 2019. Besoek op 31 Augustus 2018.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.