Bobby van Jaarsveld

Bobby van Jaarsveld (gebore 6 Maart 1987) is 'n Afrikaanse sanger en akteur. Van sy treffers sluit in: Spieëltjie en Waar is jy.

Bobby van Jaarsveld
Agtergrondinligting
GeboortenaamBobby van Jaarsveld
Gebore6 Maart 1987 (1987-03-06)
Paarl, Suid-Afrika
Beroep(e)Musikant
Jare aktief2001 - nou
EtiketteJukebox-rekords, Blêr-musiek
Webwerfbobbyvanjaarsveld.co.za

Van Jaarsveld speel 'n hoofrol in 'n Ster-Kinekor rolprent, Liefling, wat in 2010 vrygestel is.[1]

Sy suster Karlien van Jaarsveld is ook 'n sangeres in eie reg.

Biografie

Pieter van Jaarsveld is op 6 Maart 1987 in Paarl, Suid-Afrika, gebore. Hy het die bynaam Bobby by sy pa gekry. Hy is die middelste van 3 kinders (sy susters is Karlien en Cara).

Bobby was in 7 verskillende laerskole, waarna hy sy hoërskoolloopbaan by die Hoërskool Brits begin en voltooi. Hier neem hy aan talentkompetisies deel en ontwikkel 'n liefde vir die musiekbedryf. Hy slaan sy eerste CD-kontrak in Graad 11 los, en sy eerste soloalbum word vroeg in sy matriekjaar uitgereik.

Hy is op 7 Januarie 2011 met sy skoolliefde, Annatjie Rheeders, in die eg verbind. Hulle het twee seuns, Sion (gebore 24 Oktober 2011) en Leben (gebore 20 Desember 2012) en 'n dogter, Armani (gebore 7 Maart 2016).

Pryse

Bobby het tot op hede 'n reeks pryse ontvang vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek.[2]

JaarBeskrywingPrys
2006Huisgenoot Tempo ToekenningsBeste Nuweling
2010KykNet DKNTGunsteling Kunstenaar vir 2009
2010SAMA ToekenningsBeste Afrikaanse Kontemporêre Album: Net Vir Jou
2010Huisgenoot Tempo ToekenningsBeste Afrikaanse Liedjie: Spieëltjie
2010Huisgenoot Tempo ToekenningsBeste Afrikaanse Kontemporêre Album: Net Vir Jou
2010Vonk ToekenningsBeste Manlike Kunstenaar
2010Vonk ToekenningsBeste Afrikaanse Kontemporêre Album: Net vir jou
2010Vonk ToekenningsBeste Oorspronklike Liedjieskrywer
2010Vonk ToekenningsBeste Afrikaanse Liedjie: Spieëltjie
2011MK ToekenningsBeste Solo Album: Net Vir Jou
2011MK ToekenningsBeste Kontemporêre Liedjie: Spieëltjie
2011Huisgenoot Tempo ToekenningsMees Gewilde Manlike Kunstenaar
2011Jacaranda 94.2 ToekenningsMees Gewilde Manlike Kunstenaar
2012Ghoema-toekenningsLiedjie van die Jaar: Kan Ek Met Jou Praat
201290.6 FM Stereo ToekenningsTop 15 Kunstenaar
2012Huisgenoot Tempo ToekenningsMees Gewilde Manlike Kunstenaar
2013Ghoema-toekenningsBeste Musiekvideo: 'n Vrou Wil Dit Hoor
2013Ghoema-toekenningsBeste Manlike Kontemporêre Album: Wat Geld Nie Kan Koop Nie
2013Ghoema-toekenningsManlike Kunstenaar van die Jaar
2013Ghoema-toekenningsLiedjie van die Jaar: 'n Vrou Wil Dit Hoor
2013Huisgenoot Tempo ToekenningsAlbum van die Jaar - Wat Geld Nie Kan Koop Nie
2013Huisgenoot Tempo ToekenningsMusiekvideo van die Jaar - 'n Vrou Wil Dit Hoor
2013Huisgenoot Tempo ToekenningsLiedjie van die Jaar - 'n Vrou Wil Dit Hoor
2014Ghoema-toekenningsBeste Musiekvideo - EENS IN ‘N LEEFTYD met Riana Nel
2014Huisgenoot Tempo ToekenningsLiedjie van die Jaar
2015 Ghoema-toekennings Beste Pop-Album deur 'n Manlike Kunstenaar - Maak 'n Wens Geargiveer 28 Maart 2016 op Wayback Machine
2015 Ghoema-toekennings Manlike Kunstenaar van die Jaar Geargiveer 28 Maart 2016 op Wayback Machine
2015 Ghoema-toekennings Album van die Jaar - Maak 'n Wens Geargiveer 28 Maart 2016 op Wayback Machine

Diskografie

  • Duisend ure, 2007
  • Net vir jou, 2009
  • Wat geld nie kan koop nie, 2009
  • Liefling-klankbaan, 2010
  • Genees hierdie land, saam met Tania Strauss, 2010
  • Maak 'n wens, 2014
  • Die eerste 10 jaar, 2015
  • Ken jy Talina?
  • Vat my saam

Filmografie

Televisie

  • Die Vlieënde Springbokkie,2020

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.