Boötes III-dwergsterrestelsel

Boötes III of Boo III is ’n hoëdigtheidsgebied in die Melkweg wat moontlik ’n dwergsterrestelsel kan wees wat deur getykrag beïnvloed word. Dit is sowat 150 000 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Veewagter.

Boötes III-dwergsterrestelsel
Soort stelselDwergsterrestelsel
SterrebeeldVeewagter (Boötes)
TipedSph?
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming13h 57m 00s
Deklinasie+26º 48' 00"
Skynmagnitude12,6
Besonderhede
Afstand (ligjaar)150 000
Skynbare grootte 1,5' × 0,8'
KenmerkeMelkwegsatelliet
Ander nameBoo III
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Eienskappe

Boötes III is een van die kleinste en dofste satelliete van die Melkweg – dit het ’n absolute magnitude van −5,8, wat laer is as baie bolvormige sterreswerms.[1] Omdat dit deur getykrag beïnvloed word, is dit moeilik om sy massa te bereken.

Dit is in 2009 ontdek deur die Sloan- Digitale Lugopname.[2] Dit beweeg weg van die Son teen ’n snelheid van sowat 200 km/s.[2][3] Boötes III is omtrent twee keer so lank as wat dit breed is: 1,5 × 0,8 boogminute.[1] Die grootte en onreëlmatige vorm dui dalk aan dat dit in ’n oorgangsfase is tussen ’n gebonde en heeltemal ongebonde sterrestelsel.[2]

Die sterre is meestal van gemiddelde ouderdom – sowat 12 miljard jaar.[1] Hulle bevat baie min metale.

Verwysings

  1. Correnti, M. (2009). "Red Clump stars in the Bootes III stellar system". Mon. Not. R. Astron. Soc. 397 (1): L26–L30. arXiv:0904.3068. Bibcode:2009MNRAS.397L..26C. doi:10.1111/j.1745-3933.2009.00677.x. {{cite journal}}: Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (hulp)
  2. Grillmair, C.J. (2009). "Four New Stellar Debris Streams in the Galactic Halo". The Astrophysical Journal. 693 (2): 1118–1127. arXiv:0811.3965. Bibcode:2009ApJ...693.1118G. doi:10.1088/0004-637X/693/2/1118.
  3. Carlin, Jeffrey L. (2009). "Kinematics and Metallicities in the Boötes III Stellar Overdensity: a Disrupted Dwarf Galaxy?". The Astrophysical Journal Letters. 702 (1): L9–L13. arXiv:0907.3738. Bibcode:2009ApJ...702L...9C. doi:10.1088/0004-637X/702/1/L9. {{cite journal}}: Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (hulp)


Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.