Blydesuikerbos
Die Blydesuikerbos (Protea laetans) is 'n blomdraende boom wat aan die bekende Protea genus behoort. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom op die eskarp van die Blyderivierspoort voor. Die boom is slank, word 5 m hoog en blom van Maart tot September met die hoogtepunt van April tot Mei. Die boom is seldsaam, daar is net een populasie.
Blydesuikerbos | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. laetans |
Binomiale naam | |
Protea laetans L.E.Davidson, 1975 | |
Sinonieme | |
|
Die boom spruit weer uit na 'n brand. Die saad word 9 - 12 maande nadat dit geblom het vrygelaat en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in kwartsietgrond op hoogtes van 1 000 - 1 400 m.
Die boom se FSA-nommer is 90.4[1]. In Engels staan dit as die Blyde sugarbush bekend.
Galery
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Blydesuikerbos.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.