Blouswael
Die blouswael (Hirundo atrocaerulea) is 'n klein trekvoël en 'n kwesbare spesie. Hy besoek Suider-Afrika in die somer.
Blouswael | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Hirundo |
Spesie: | H. atrocaerulea |
Binomiale naam | |
Hirundo atrocaerulea Sundevall, 1850 | |
Die blouswael broei in westelike eSwatini, Suid-Afrika, Zimbabwe, Malawi en dele van Zambië, Tanzanië en die DRK. Hulle trek na Uganda en Kenia. Graslande en vleilande is hul tuiste en die verlies van hierdie habitatte is hul groot bedreiging.
Die voël word 18 – 25 cm groot en het baie lang stertvere. Dit lyk dikwels swart van kleur, maar in die sonlig is die metaalblou kleur sigbaar.[1]
Ander name
- Wetenskaplike naam: Hirundo atrocaerulea
- Engelse naam: Blue Swallow
Sien ook
Verwysings
- "IUCN" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Oktober 2018. Besoek op 1 Januarie 2017.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.