Blousuur
Blousuur of waterstofsianied is 'n chemiese verbinding met formule HCN. Sy soute heet sianiede en die suur behoort tot die pseudohalogeenfamilie en kan gesien word as die suur van sianogeen.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Blousuur |
IUSTC-naam | Waterstofsianied |
Chemiese formule | HCN |
Molêre massa | 27 [g/mol] |
CAS-nommer | 74-90-8[1] |
Voorkoms | Kleurlose gas, ligblou vloeistof |
Reuk | Bittere amandelreuk |
Reukdrempel | 2-10 dpm[1] |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | -13,3 °C[1] |
Kookpunt | 26 °C[1] |
Digtheid | 0,94 (rel lug)[1] |
Oplosbaarheid | Oplosbaar in water[1] |
Henry se konstante | 10 [L/mol.atm] 5000 [K][2] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | 9,2 |
Veiligheid | |
Flitspunt | -18 °C[1] |
Selfontbrandingspunt | 538 °C[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Gebruik
Blousuur is baie giftig en word gebruik as insek- en knaagdierdoder. Dit word ook gebruik om sintetiese vesels en kleurstowwe te vervaardig.[1]
Gevare
In aanwesigheid van amines, hidroksiede asetaldehide of metaalsianiede of bo 184 °C kan die stof eksplosief polimeriseer.
Inaseming kan by 'n konsentrasie van 270 dpm dodelik wees.
Verwysings
- "MSDS New Jersey dept. Health" (PDF) (in Engels). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2017.
- Sander.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.