Bloukwartel
Die Bloukwartel (Coturnix adansonii) is 'n seldsame standvoël wat in sleg drie areas in Suider-Afrika voorkom: sentraal-Zimbabwe, die kus en binneland in sentraal-Mosambiek en die noordkus van KwaZulu-Natal. In Engels staan die voël bekend as die Blue Quail. Die voël is 12 – 14 cm groot en weeg 40 - 50 gram. Roep en sang: 'n Hoë tee-ti-ti. Die voëls leef nomadies in vogtige en oorstroomde grasvelde.
Bloukwartel | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. adansonii |
Binomiale naam | |
Coturnix adansonii Verreaux & Verreaux, 1851 | |
Sinonieme | |
Excalfactoria adansoni |
Sien ook
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Excalfactoria. |
Bron
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
- ITIS
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.