Bloukransrivier (Tsitsikamma)
Hierdie artikel handel oor die rivier op die Tuinroete. Vir die sytak van die Kowierivier naby Grahamstad, sien gerus Bloukransrivier (Grahamstad).
Bloukransrivier | |
---|---|
Oorsprong | Tsitsikammaberge (Suid-Afrika) |
Monding | Suid-Afrika Indiese Oseaan |
Stroomgebied | Suid-Afrika |
Mondinghoogte | 0 m |
Die Bloukransrivier is 'n rivier in die Tsitsikammastreek in Suid-Afrika. Die rivier is die grens tussen die Oos-Kaap en die Wes-Kaap waar dit onderdeur die N2 nasionale pad gaan. Die rivier ontspring in die Tsitsikammaberge en vloei suidwaarts deur 'n baie diep ravyn en mond in die Indiese Oseaan uit. Die Bloukranspas is met groot moeite in 1883 deur die ravyn gebou en is later deur die Bloukransrivierbrug (1983) vervang. Die Otterwandelpad steek die rivier by sy monding oor.
Bronne
- Passes & Poorts. 2010. Marion Whitehead ISBN 978-1-77009-805-3
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Garden Route. MapStudio. 1st Edition. ISBN 1-86809-761-7
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.