Blougaai
Die Blougaai (Cyanocitta cristata) is 'n sangvoël inheems aan Noord-Amerika. Hulle het opvallende laventelblou vere op die kop en rug. Vere op die onderlyf is gebroke wit. Hulle het 'n swart kraag om die nek en word ongeveer 30 cm lank.[2]
Blougaai | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Cyanocitta |
Spesie: | C. cristata |
Binomiale naam | |
Cyanocitta cristata | |
![]() | |
Globale verspreiding: Geel: broeigebied; Groen: heel jaar woonagtig; Blou: oorwintering. |
Verspreiding
Die blougaai kom oor 'n groot deel van die oostelike helfte van die Verenigde State van Amerika voor. Hulle is talryk in gemengde bos, maar is ook algemeen in parke en tuine.
Dieet
Blougaaie is omnivore wat 'n verskeidenheid voedselsoorte benut. Hulle vreet onder andere sade, bessies, grondboontjies en brood, maar ook vleis, eiers en klein ongewerwelde diertjies.
Voortplanting
Modder word gebruik om die nes in 'n geskikte boom of groot struik te bou. Beide die mannetjie en die wyfie bou saam aan hul nes. Daarna lê die wyfie haar eiers wat na 16 tot 18 dae uitbroei. Hulle maak die kuikens saam groot.
Fotogalery
- Blougaai, subspesie Cyanocitta cristata cristata in Noord-Carolina
- Subspesie C. c. cyanotephra in DeSoto Nasionale natuurlewe-toevlugsoord, Iowa
- Subspesie C. c. semplei in Collier County, Florida
- Subspesie C. c. bromia in Muskoka-mere, Ontario
Sien ook
Verwysings
- BirdLife International (2012). "Cyanocitta cristata". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 26 November 2013.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - Animal Life, Tirion Uitgewers BV, Baarn. ISBN 978-90-5210-774-5