Bloubekeend

Die Bloubekeend (Oxyura maccoa) is redelike algemene standvoël in Suider-Afrika.

Bloubekeend
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Oxyura
Spesie:
O. maccoa
Binomiale naam
Oxyura maccoa
(Eyton, 1838)

Identifikasie

Die bloubekeend is 'n klein, kort eendjie van 48–51 cm. Die manlike eend is kastaiing-bruin met 'n swart kop en 'n helderblou snawel. Die smal, punterige stert staan dikwels kersregop.

Die vroulike eend het nie 'n blou snawel nie, en is donkerbruin van kleur met 'n vaal streep op die wang.

Habitat

Stil waterareas.

Broeigewoontes

Die bloubekeend wat opvallend diep in die water lê, se nes word tussen riete gebou. Daar is 4-12 eiers, wat besonder groot is vir so 'n klein eendsoort.

Verspreiding

Verspreid oor die meeste dele van Suid-Afrika en groot dele van Zimbabwe en Namibië.

Ander name

  • Duitse naam: Afrikanische Ruderente
  • Engelse naam: Maccoa Duck
  • Wetenskaplike naam: Oxyura maccoa
  • Ou Afrikaanse sinoniem: Makou-eend (Oxyura punctata)

Sien ook

Bronne

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.