Blou-Nyl
Die Blou-Nyl (Amharies: ዓባይ, ʿAbbay, Arabies: النيل الأزرق, an-Nīl al-Azraq) is die tweede grootste sytak van die Nylrivier in Afrika. Dit is saam met die Wit-Nyl een van twee bronriviere van die Nyl.[1] Ofskoon sy gemiddelde afloop groter as dié van die Wit-Nyl is, word die Blou-Nyl as grootste sytak beskou en nie as gelykwaardige bronrivier nie, terwyl die Wit-Nyl as die Nylrivier se hoofloop beskou word.
Blou-Nyl | |
---|---|
Die stroomgebied van die Wit- en Blou-Nyl. | |
Oorsprong | Klein-Abayrivier/Tanameer, Ethiopië Ethiopiese Hoogland |
Monding | Saamvloei met die Wit-Nyl naby Khartoem, Soedan |
Stroomgebied | Ethiopië en Soedan |
Lengte | 1 450 km |
Oorspronghoogte | 2 744 m |
Mondinghoogte | 380 m |
Gemiddelde afloop | 2 349 m³/s |
Stroomgebiedopp. | 325 000 km² |
Kaart van die Blou-Nylbekken in Afrika. |
Die naam van die rivier is 'n onakkurate vertaling van die Arabiese woord Azraq, wat sowel "blou" as "donker" beteken.[2] Die donker kleur van die Blou-Nyl word deur die groot hoeveelheid fyn, korrelrige grondmateriaal veroorsaak wat uit die Ethiopiese Hoogland meegevoer word.
Die Blou-Nyl ontspring in Noord-Ethiopië suidoos van die Tanameer, vloei 800 km deur Ethiopië[3] en 650 km deur Soedan, waar die Blou-Nyl net suid van Khartoem met die Wit-Nyl saamvloei. Belangrike stede aan die rivier is Bahri, Khartoem en Omdoerman.
Sien ook
Verwysings
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- (en) Henri J. Dumont: The Nile: Origin, Environments, Limnology and Human Use. Monographiae Biologicae, Uitgawe 89, Dordrecht 2009 ISBN 1-4020-9726-3
- (en) "Climate, 2008 National Statistics (Abstract)" Geargiveer 13 November 2010 op Wayback Machine, Table A.1. Central Statistical Agency webwerf. Besoek op 23 Februarie 2015.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Blou-Nyl.
- (en) "Blue Nile River". Encyclopædia Britannica. Besoek op 26 April 2019.