Blosendesuikerbos
Die blosendesuikerbos (Protea stokoei) is 'n blomdraende boom wat hoort tot die bekende Protea genus. Die plant is endemies aan Suid-Afrika. Dit kom voor in die Kogelberg en Groenlandberg rondom Elgin waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik groei regop, word tot 3.0 m hoog en blom van Mei tot Oktober.
Blosendesuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. stokoei |
Binomiale naam | |
Protea stokoei E.Phillips, 1923 | |
'n Brand vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in klam, veenagtige grond op hoogtes van 900 - 1 200 m.
In Engels staan dit as die Pink Sugarbush bekend.
Die boom se FSA-nommer is 97.5[1].
Galery
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.