Blanche Barton

Blanche Barton (gebore as Sharon Densley op 2 Oktober 1959) is die Magistra Templi Rex van die Kerk van Satan en word deur Sataniste as Magistra Barton aangespreek.

Beweerde vlag van satanisme.

Religieuse en
LaVeyaanse satanisme

Organisasies wat met satanisme verbind word
Kerk van Satan
Eerste Satanistiese Kerk

Bekende figure
Anton LaVey | Blanche Barton | Peter H. Gilmore | Peggy Nadramia | Karla LaVey

Verwante konsepte
Die Pad van die Linkerhand | Pentagonale Revisionisme | Suitheisme | Oorlewing van die Sterkste | Objektivisme | Might Is Right

Boeke en publikasies
The Satanic Bible | The Satanic Rituals | The Satanic Witch | The Devil's Notebook | Satan Speaks! | The Black Flame | The Church of Satan | The Secret Life of a Satanist | The Satanic Scriptures

Barton is deur haar eggenoot en kerkstigter Anton Szandor LaVey kort voor sy afsterwe op 29 Oktober 1997 as die Hoëpriesteres van die Kerk benoem en het hierdie amp tot met 30 April 2002 beklee. Sy het toe Peggy Nadramia as nuwe Hoëpriesteres benoem.

In 1999 het Barton 'n leidende rol gespeel by die vergeefse poging om die Sataniese Black House in San Francisco terug te koop - 'n gebou waarin talle van die Kerk se rituele uitgevoer is.

Barton se werke sluit The Church of Satan: A History of the World's Most Notorious Religion (1990) en The Secret Life of a Satanist: The Authorized Biography of Anton LaVey (1990) in.

Barton is ook die moeder van LaVey se seun Satan Xerxes Carnacki LaVey (gebore op 1 November 1993).

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.