Blaassel

'n Blaassel (Eng: bladder cell) is 'n spesiale sel op die huid van plante (halofiete) soos Mesembryanthemum nodiflorum of M. guerichianum wat water en soute bevat wat die plant opslaan. Blaasselle gee aan die plant 'n glinsterende uiterlik. Dit is 'n aanpassing aan die soutige en droƫ omstandighede waaronder die plant groei.[1]

Blaasselle op 'n saailing van M. guerichianum

Verwysings

  1. "biophilesblog.wordpress.com" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.