Bizana

Bizana is 'n dorp in die Oos-Kaap-provinsie, Suid-Afrika, op die N2 nasionale pad na Port Edward.

Bizana
Bizana is in Oos-Kaap
Bizana
Bizana
 Bizana se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 31°49′S 28°45′O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikAlfred Nzo
MunisipaliteitWinnie Madikizela-Mandela
Oppervlak
  Totaal24,13 km2 (9,32 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal7 974
  Digtheid330/km2 (900/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense0.2%
  Indiërs/Asiërs0.3%
  Bruin mense0.6%
  Swart mense98.5%
  Ander0.4%
Taal (2011)
  Xhosa 90.3%
  Zoeloe 3.2%
  Engels 2.8%
  Ander 3.8%
Poskode (strate)
4800
Poskode (posbusse)
4800
Skakelkode039

Geskiedenis

Die dorpie het ontstaan toe die eerste magistraatkantoor in 1894 by Ntsingixi sowat 6 km hiervandaan gebou is. Dit is later verskuif na Bizana. Die naam mbizana beteken 'klein potjie' in Xhosa. Dit verwys na die holte waarin die dorp geleë is.

Distrik

Die distrik is 2 000km2 groot. Veeboerdery, mielieverbouing en bosbou is die belangrikste ekonomiese aktiwiteite.

Bekende Boorlinge

  • Babalo Madikizela - Oos-Kaap MEC vir Publieke Werke
  • Oliver Tambo, anti-apartheid aktivis.
  • Winnie Madikizela-Mandela, Nelson Mandela se tweede vrou.
  • Siphosakhe Ntiya-Ntiya - sokkerspeler

Sien ook

Bronne

Verwysings

  1. "Hoofplek Bizana". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.