Bismarckargipel
Die Bismarckargipel (Engels: Bismarck Archipelago) is 'n groep eilande aan die noordoostelike kus van Nieu-Guinee in die westelike Stille Oseaan net suid van die ewenaar. Hierdie eilande behoort aan die eilandnasie Papoea-Nieu-Guinee. Suidoos is Bougainville geleë, wat geografies maar nie polities nie, tot die Salomonseilande behoort. Tussen 1884 en 1914 het hierdie eilande aan Duits-Nieu-Guinee behoort. Die naam van die argipel is van die Duitse kanselier Otto von Bismarck ontleen. Tussen die Bismarckargipel in die ooste en Nieu-Guinee in die weste is die Bismarcksee geleë, suidoos van Nieu-Brittanje sluit die Salomonssee aan.
Bismarckargipel Inheemse naam: Bismarck Archipelago | |
---|---|
![]() Kaart van die Bismarckargipel | |
Geografie | |
Ligging | Melanesië, Stille Oseaan |
Koördinate | 5°48′31.37″S 149°1′35.8″O
|
Hoofeilande | Nieu-Brittanje, Nieu-Ierland |
Oppervlakte | 49 700 vk km |
Hoogste punt | Berg Sinewit 2 438 m |
Administrasie | |
![]() | |
Streek | Eiland-streek
|
Demografie | |
Bevolking | 472 163
|
Die belangrikste eilande en eilandgroepe in die argipel is:
- Nieu-Brittanje
- Nieu-Ierland
- Lavongai
- die Sint-Matthiasgroep
- die Admiraliteitseilande (met Manus as belangrikste eiland)
- die Ninigo-eilande
Geografie
![]() |
![]() |
15 320 km² |
Nieu-Brittanje (tussen 1885 en 1918: Neupommern), hoofeiland | ||
Duke of Yorkeilande (tussen 1885 en 1918: Neu-Lauenburg) | ||
![]() |
![]() |
2 102 km² |
Manus, hoofeiland | ||
Admiraliteitseilande met Baluaneiland, Purdyeilande, Rambutyo | ||
Streek Westelike Eilande: onder ander Eremite-eilande, Wuvulu | ||
![]() |
![]() |
9 600 km² |
Nieu-Ierland (tussen 1885 en 1918: Neumecklenburg), hoofeiland | ||
Lavongai (vroeër ook Neu-Hannover) | ||
Feni-eilande | ||
Lihireilande | ||
Sint Matthiaseilande | ||
Tabareilande | ||
Tangaeilande | ||
![]() |
![]() |
20 487 km² |
Vitu-eilande |
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bismarckargipel.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.