Bishop Lavis

Bishop Lavis is 'n voorstad van Kaapstad, geleë op die Kaapse Vlakte van die Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Bishop Lavis
Voorstad
Bishop Lavis is in Cape Town
Bishop Lavis
Bishop Lavis
Koördinate: 33°56′55″S 18°34′33″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
Metropolitaanse MunisipaliteitKaapstad
Oppervlak
  Totaal2,58 km2 (1,00 vk. myl)
Bevolking
  Totaal26 482
  Digtheid10 000/km2 (30 000/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
Strate: 7490
Skakelkodes021

Misdaad

Op Vrydag, 12 Julie 2019, is die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in onder meer Bishop Lavis ontplooi om hoë vlakke van misdaad, wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens tot op daardie stadium nog nie onder beheer kon bring nie, te takel.[1]

Sluipmoord in 2020

'n Hoëprofiel-luitenantkolonel in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Charl Kinnear, is op 18 September 2020 voor sy huis in Bishop Lavis vermoor.[2] Hy is verskeie kere in die bolyf geskiet terwyl hy in die bestuurdersitplek van sy wit Toyota Corolla gesit het, wat tot sy dood gelei het.[3]

Kinnear was die afdelingsbevelvoerder vir die Wes-Kaapse anti-bende-eenheid, en was op daardie stadium besig met verskeie ondersoeke na vuurwapenmisdaad wat moontlik ook hooggeplaasdes in die Polisie kon betrek het. Voormalige pro-rugbyspeler Zane Killian is kort ná die voorval in hegtenis geneem en van Kinnear se moord aangekla.[4][5] Kinnear se selfoon is 2 116 keer onwettig opgespoor deur Killian voor sy moord met behulp van 'n gespesialiseerde selfoonopsporingstoestel en sagteware.[6]

Sien ook

Verwysings

  1. "South Africa is deploying the army to fight crime – here's how the murder rate compares to an actual war zone". BusinessTech (in Engels). 12 Julie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2019. Besoek op 12 Julie 2019.
  2. "PICS | Murder of top cop Charl Kinnear captured in chilling CCTV footage". News24 (in Engels). Besoek op 31 Januarie 2022.
  3. Hyman, Aron (18 September 2020). "Anti-gang unit section commander Charl Kinnear shot dead in Cape Town". TimesLIVE (in Engels). Besoek op 31 Januarie 2022.
  4. NOMBEMBE, PHILANI (25 September 2020). "Ex-rugby player Zane Killian charged with murder of cop Charl Kinnear". TimesLIVE (in Engels). Besoek op 31 Januarie 2022.
  5. Cruywagen, Vincent (25 September 2020). "Age of the Assassin: Newsflash : Kinnear suspect, Zane Killian, believed to have played a key role in assassination plot, charged with murder". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 31 Januarie 2022.
  6. Cruywagen, Vincent (20 September 2020). "Age of the Assassin: Who tracked top detective Kinnear's phone up to the minute he was gunned down?". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 31 Januarie 2022.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.