Biltong
Biltong is 'n eg Suid-Afrikaanse peuselkos.
![](../I/BiltongStokkies.jpg.webp)
Tuisgemaakte biltongstokkies van beesvleis
Biltong is baie gewild in Suid-Afrika en Namibië onder die Afrikaners, maar ook in lande waar Suid-Afrikaners hervestig het oor die afgelope jare soos Nederland, Engeland, Australië, Nieu-Seeland en in Duitsland.
Biltong word in dieselfde asem as boerewors, potjiekos, droëwors, melktert, koeksisters, afval, boerbeskuit en bobotie genoem as eg-tradisionele Afrikaanse geregte, en dit vorm 'n sosiale band tussen Afrikaners dwarsoor die wêreld. Biltong is opgeneem as 'n verteenwoordigende Suid-Afrikaanse gereg in 'n internasionale resepteboek wat deur die Verenigde Nasies gepubliseer is.
- Gekerfde beesbiltong.
- Tuisgemaakte beesbiltong.
- Biltong te koop op 'n winkelrak in Johannesburg.
- Biltong word gedroog in 'n elektriese oond.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.