Bill Gates

William Henry "Bill" Gates III (gebore 28 Oktober 1955 in Seattle, Washington) is 'n sakebestuurder en die stigter van Microsoft.[1]

Die neutraliteit van hierdie artikel (of dele daarvan) word tans betwis.
Wikipedia se beleid is dat alle artikels vanuit ’n neutrale standpunt geskryf moet wees. Sien die besprekingsbladsy vir besonderhede of ons riglyne wat kan help om die artikel meer onpartydig te maak.
Bill Gates
Bill Gates in 2018
Gebore
William Henry Gates III

28 Oktober 1955
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepTegnologie adviseur van Microsoft
Mede-voorsitter van die Bill & Melinda Gates Foundation
Uitvoerende hoof van Cascade Investment
Voorsitter van Corbis
EggenootMelinda Gates (1994–hede)
KindersJennifer, Rory en Phoebe
Ouer(s)William H. Gates, sr.
Mary Maxwell Gates
Webwerfgatesnotes.com
Handtekening

Vroeë lewe

William Henry Gates III is op 28 Oktober 1955 in Seattle (Washington) gebore as die seun van 'n prokureur en voormalige onderwyseres. Hy het onderrig ontvang by Lakeside Hoërskool, 'n eksklusiewe privaatskool vir leerlinge met 'n sterk akademiese aanleg. Daar het hy vir Paul Allen ontmoet wat later saam met hom Microsoft sou stig.

In 1967 het Gates totaal verdiep geraak in 'n digitale opleidingsterminaal wat deur die Lakeside Mother Club met die opbrengs van 'n rommelverkoping aangekoop is. Gates en sy vriende was deur hierdie nuwe wêreld van rekenaars geboei en het 'n plaaslike rekenaarmaatskappy oorreed om hulle toegang tot die nuwe PDP-10, 'n nuwe minirekenaar, te gee.

Daar het hulle programmeertale soos BASIC, FORTRAN en LISP aangeleer. Gates, Allen en twee ander vriende het die Lakeside Programmers' Group begin, wat 'n betaalstaatprogram vir 'n plaaslike besigheid geskryf het. In 1972 het Gates en Allen Traf-O-Data gestig, 'n maatskappy wat gerekenariseerde voertuigtelmasjiene aan plaaslike regerings verskaf het. In 1973 het Gates by Harvard-universiteit as 'n regstudent ingeskryf. Gedurende hierdie tyd is die eerste persoonlike rekenaar, die MITS Altair, bekend gestel en het die behoefte aan 'n gekondenseerde bedryfstelseltaal vir persoonlike rekenaars ontstaan. Gates en Allen het die uitdaging aanvaar en BASIC, 'n gewilde taal wat op rekenaars gebruik word, aangepas om die eerste sagteware vir persoonlike rekenaars te skep.

Microsoft

In 1975 het Bill Gates Harvard-universiteit op 19 verlaat, en saam met Allen die Microsoft Corporation maatskappy gestig, die wêreld se grootste sagtewaremaatskappy vir persoonlike rekenaars.[2]

In 1977 het Tandy Corporation vir Microsoft gehuur om sagteware vir sy Radio Shack rekenaars te ontwikkel en drie jaar later het International Business Machines Corporation (IBM) Microsoft gevra om 'n bedryfstelsel vir sy nuwe persoonlike rekenaars te verskaf. Microsoft het ook die hoofverskaffer van sagteware aan Apple Macintosh geword met die bekendstelling van die woordverwerkingsprogram Microsoft Word.

Op 13 Maart 1986 het Microsoft Corporation op die aandelebeurs genoteer en binne 'n jaar het Microsoft aandele tot $90 elk toegeneem. Op die ouderdom van 31 het Gates, wat 45 persent van die Microsoft aandele besit, die jongste miljardêr ooit geword.

Persoonlike lewe

Op Nuwejaarsdag 1994, op die ouderdom van 38, is Gates in Hawaii getroud met een van Microsoft se bemarkingsbestuurders, Melinda French. Hulle het twee kinders, Jennifer Katharine, gebore in 1996, en Rory John, gebore in 1999. Hulle het die Bill & Melinda Gates Foundation geskep vir die ondersteuning van filantropiese inisiatiewe in die veld van gesondheid en onderrig. 'n Nuwe $5 miljard-skenking in Januarie 2000 het dit die rykste stigting ter wêreld gemaak. Gates het ook persoonlike beleggings in ander hoëtegnologiemaatskappye.

Belangrikste prestasies

Microsoft se sukses het Gates een van die twintigste eeu se invloedrykste figure en die rykste persoon in die wêreld gemaak. In 1992 het Gates die Nasionale Medalje vir Tegnologie van President George Bush ontvang.

Boeke

Gates het twee boeke geskryf:

  • The Road Ahead, geskryf saam met Nathan Myhrvold en Peter Rinearson. November 1995.
  • Business @ the Speed of Thought 1999.

Verwysings

  1. "Bill Gates (American computer programmer, businessman, and philanthropist)" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2020. Besoek op 20 Maart 2013.
  2. Sheridan, Patrick (2 Mei 2014). "Bill Gates no longer Microsoft's biggest shareholder" (in Engels). CNN Money. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2019. Besoek op 22 Augustus 2014.

Eksterne skakels


This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.