Biedouwvallei
Die Biedouwvallei (waar Biedouw 'n van is) is 'n vallei in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, op 'n hoogte van sowat 376 m. Dit is naby Pakhuispas geleë,[1] tussen Clanwilliam en Uitspankraal. Rooibos groei algemeen in die vallei, en na die eerste reëns is die vallei getooi in veldblomme.[2] In die somermaande bied 'n 124 km lange roete die moontlikheid om die Doornrivier oor te steek vir 'n besoek aan ondermeer die Tankwa Karoo- Nasionale Park.[2] 'n Verdere afdraaipad lei weer na Wupperthal, 17 km weg. Die oornaggeriewe van Biedouw Vallei Wegbreek is op die oewer van die Biedouwrivier geleë.[3]
Verwysings
- Marion Whitehead. Passes & Poorts. 2010. ISBN 978-1-77009-805-3
- Biedouw Valley, Cederberg, Western Cape, showme, 27 Julie 2012
- Biedouw Vallei Wegbreek
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.