Bevin Fortuin
Bevin Fortuin (* 6 Februarie 1979, George) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler en voormalige Springbok. Hy het die SWD Arende en Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker- en Vodacombekerreekse verteenwoordig en ook vir die Cheetahs in die Superrugbykompetisie uitgedraf. Fortuin het in twee toetse vir die Springbokke gespeel, een in 2006 en die volgende in 2007.
| |||||
Volle naam | Bevin André Fortuin | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 6 Februarie 1979 | ||||
Geboorteplek | George (Suid-Afrika) | ||||
Lengte | 1,79 m | ||||
Massa | 96 kg | ||||
Skool | Hoërskool George | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Vleuel, heelagter | ||||
Springbokno. | 780 | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2000-’05, 2009-’10 2005-’09 |
SWD Arende VS Cheetahs |
||||
korrek soos op 19 Maart 2013. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2006-2009 | Cheetahs | 22 | 25 | ||
korrek soos op 19 Maart 2013. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2006-2007 | Suid-Afrika | 2 | 0 | ||
korrek soos op 19 Maart 2013. |
Fortuin was ook in die Southern Kings-span wat in 2009 teen die Britse en Ierse Leeus gespeel het.
In 2011 het Fortuin die politiek betree en homself as kandidaat vir die Demokratiese Alliansie in die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2011 beskikbaar gestel.[1]
Verwysings
- Gunning, Eugene (22 Januarie 2011). "Fortuin se politiek pla rugbyende" (html). nuus24. Besoek op 19 Maart 2013.
Eksterne skakels
- Bevin Fortuin by SARugby.co.za
- Bevin Fortuin by www.genslin.us/bokke
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.