Bertie Reed
Stanley John (Bertie) Reed (19 Januarie 1943 – 18 Desember 2006) was ’n Suid-Afrikaanse seiljagvaarder. Hy is in Port Elizabeth, Suid-Afrika, gebore en het in sy seilloopbaan van 20 jaar meer as 170 000 seemyl tydens wedvaarte afgelê, waarvan meer as 100 000 seemyl as alleenvaarder.
Bertie Reed | |
---|---|
Inskrywing by ’n borsbeeld van Bertie Reed in Kaapstad. | |
Gebore | Stanley John Bertie Reed 19 Januarie 1943 |
Sterf | 18 Desember 2006 (op 63) |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Seiljagvaarder |
Bekend vir | Seil om wêreld, reddingsdaad |
Eggenoot | Pat |
Kinders | 4 |
Sy alleenvaartloopbaan het in alle êrens begin toe hy in 1982 die eerste BOC-alleenvaart om die wêreld op voorgee wen en tweede oor die eindstreep was op die Altech Voortrekker-seiljag. Dit het hom 170 dae, 16 uur en 51 minute geneem om die roete te voltooi teen ’n gemiddelde spoed van 6,61 knope. Dit was ’n nuwe rekord vir seiljagte kleiner as 15,5 meter en het die vorige rekord van 224 dae deur David Scott-Cowper op Outward Bound verbeter.
Reed word ook veral onthou vir die manier waarop hy sy landgenoot John Martin in ’n hewige storm naby die Suidpool gaan red het nadat Martin se boot ’n ysberg getref het. Vir sy reddingspoging is Reed destyds deur oudpresident F.W. de Klerk vereer vir sy uitsonderlike seemanskap, dapperheid en sportmanskap.[1]
In 1991 het Reed die eerste Suid-Afrikaner geword wat drie keer alleen om die wêreld geseil het. Op 17 Desember 2006 is hy in die VSA vereer in die heldesaal van die seilmuseum in Newport, Rhode Island.[2]
Bertie is in 1968 met Pat getroud en hulle het vier kinders gehad. Hy is op 18 Desember 2006 aan kanker oorlede.
Verwysings
- Biltong Bertie Reed vier 50ste verjaardag op wye oseaan[dooie skakel], Die Burger, 19 Januarie 1993
- VSA gee Bertie Reed groot eer[dooie skakel], Rapport, 14 Januarie 2006