Bernice West
Bernice West (gebore Bernice van der Westhuizen; 21 Oktober 2000, Rustenburg, Suid-Afrika) is 'n Afrikaanse sanger-liedjieskrywer van Swartruggens, Noordwesprovinsie, wat op 13 Maart 2020 haar eerste enkelsnit Sonop-Blom vrygestel het. Sy het bekendheid verwerf as naaswenner van die TV-musiekwerklikheidsreeks 'Maak My Famous' op die TV-kanaal kykNET. Sy het ook deelgeneem aan die Bohemian Rhapsody-musiekvideo deur Hoërskool Rustenburg-koor, wat in die media opslae gemaak het.[1]
Bernice West | |
---|---|
![]() | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Bernice van der Westhuizen |
Gebore | 21 Oktober 2000 Rustenburg, Suid-Afrika |
Genres | Afrikaanse Pop Musiek |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Ukulele |
Jare aktief | 2020 ‒ hede |
Webwerf | Bernice West Music |
Diskografie
Albums
- Net Geleen, Bernice West se eerste albumNet Geleen, 2020, Inhoud Huis Musiek Kopiereg (Pty) Ltd, onder eksklusiewe lisensie Universal Music (Pty) LtdJona, Bernice West se tweede album waarop, onder andere,die enkelsnit Lyfie verskyn.
- Jona, 2022, Inhoud Huis Musiek Kopiereg (Pty) Ltd, onder eksklusiewe lisensie Universal Music (Pty) Ltd
Sien ook
Verwysings
- "Bernice West trek aandag met eerste enkelsnit – Maak my Famous". kykNet. Besoek op 27 April 2021.
Eksterne skakels
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.