Berlynwaterval
Die Berlynwaterval is in Mpumalanga, Suid-Afrika op die R532-streeksroete, naby die Lisbonwaterval.[1] Die waterval is genoem na buitelandse mynwerkers se tuisstad, Berlyn in Duitsland. Die waterval word gevoed deur die Watervalspruit en val 80 m na benede tot in 'n sirkelvormige waterpoel wat deur rooi rotskranse afgesper word.[2]Die val het die vorm van 'n kers, met die eerste kort val die pit, en die res ondertoe die kers se lyf.[2]
Verwysings
- Mapstudio Tourist Map. Mapumalanga/Lowveld 2003. ISBN 1-86809-653-X
- "Berlin Falls". South African Tourism. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2011. Besoek op 27 Augustus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.