Bergville

Bergville is 'n dorp in die weste van KwaZulu-Natal, in Suid-Afrika. Die dorp lê op die R74 hoofpad net onder die Drakensberge tussen die Woodstock- en Spioenkopdamme. Die Tugelarivier vloei ook langs Bergville verby. Die Oliviershoekpas is naby die dorp.

Bergville
Blokhuis uit die Tweede Vryheidsoorlog in Bergville
Blokhuis uit die Tweede Vryheidsoorlog in Bergville
Bergville is in KwaZulu-Natal
Bergville
Bergville
 Bergville se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 28°44′S 29°22′O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistrikuThukela
MunisipaliteitOkhahlamba
Stigting1897
Oppervlak
  Totaal2,74 km2 (1,06 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal1 173
  Digtheid428/km2 (1 110/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense20.0%
  Indiërs/Asiërs14.6%
  Bruin mense1.3%
  Swart mense60.4%
  Ander3.8%
Taal (2011)
  Zoeloe 39.4%
  Engels 26.1%
  Afrikaans 16.0%
  Gebaretaal 3.7%
  Ander 14.8%
Poskode (strate)
3350
Skakelkode036

Geskiedenis

Piet Retief het die eerste keer die Oliviershoekpasroete gebruik toe hy oor die Drakensberg getrek het. Die eerste setlaars was die Berlynse Sendinggenootskap wat 'n sendingstasie in 1847 by Emmaus gestig het. Die dorp is in 1897 uitgelê op die plaas Kleine Waterval wat aan 'n afgetrede skeepskaptein, ene Wales behoort het. Die naam Bergville is eers in 1903 toegeken. 'n Takspoorlyn het die dorp vanaf Estcourt in 1914 bereik.

Distrik

Die distrik is 2 600 km² groot. Vee en suiwelprodukte is van die belangrikste ekonomiese aktiwiteite wat beoefen word. Daar is ook baie forelle om te hengel in die riviere van die omgewing.

Besienswaardighede

Daar is 'n historiese blokhuis, die enigste in KwaZulu-Natal wat behoue gebly het. Dit is nou 'n nasionale museum. Die dorp bied toegang tot verskeie oorde in die omgewing, en daar is ook 'n natuurreservaat van 4 400 ha by die Spioenkopdam.

Sien ook

Bronne

  1. "Subplek Bergville". Sensus 2011.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.