Bergrivierdam
Die Bergrivierdam is 'n dam in die Bergrivier naby Franschhoek in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dam is in 2008 voltooi. Dit het 'n oppervlakte van 537 ha agter 'n wal wat 68 m hoog is. Die bakmaat van die dam is 130 miljoen m3.[1] In 2023 is die kapasiteit vasgestel op 127,1 miljard liter.
Bergrivierdam | |
---|---|
![]() | |
Ligging | Franschhoek |
Provinsie/Land | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Koördinate | 33.902°S 19.0570°O |
Dam in | Bergrivier |
Doel | Drinkwater, opgaar |
Openingsdatum | 2008 |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Dyk ("Embankment") |
Hoogte van wal | 68 m |
Lengte van wal | 929 m |
Bakmaat | 130 miljoen m3 |
Reservoir | Bergrivierdam |
Damoppervlak | 537 ha |
Die dam vorm die middelpunt van die Bergrivierdamprojek. Die projek is ontwerp om winterreën op te vang, te stoor en dit gedurende die droë somermaande aan Kaapstad te lewer.
Bron
- Die Suid-Afrikaanse Gids: feite en wenke. Isabel Uys. 2009. ISBN 978-1-86919-324-9
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.