Bergreeks
'n Bergreeks is 'n aaneenlopende landmassa wat uit 'n opeenvolging van die berge, pieke en rante bestaan.
![](../I/Himalayas.jpg.webp)
Die Himalaja, die wêreld se hoogste bergreeks, soos vanuit die ruimte gesien
![](../I/High_Asia_Mountain_Ranges.jpg.webp)
Nasa-Satellietbeeld van die Pamir en die Himalaja met die Tiensjan, Karakoram, Kunlun en Hindoekoesj in Sentraal-Asië
![](../I/Ethiopian_highlands_01_mod.jpg.webp)
Die Ethiopiese Hoogland in Ethiopië met Ras Dashen op die agtergrond
![](../I/Topography_of_australia_great_dividing_range.jpg.webp)
Ligging van die Groot Skeidingsgebergte in Australië in geel
![](../I/South_Island.jpg.webp)
Hoogste bergreeks
Die hoogste bergreekse op aarde, die sogenaamde "dak van die wêreld", is die Himalaja-, die Karakoram- en die Pamir-reekse.
Staan mens onder in die valleie, word jy oorweldig deur die duiselingwekkende hoogte van die bergkolosse. Dit is dwarsdeur die jaar met sneeu bedek. En tog is hierdie bergspitse, vergeleke met die grootte van die aarde, glad nie sulke opvallende kenmerke nie. Want op 'n denkbeeldige aardbol met 'n deursnee van 1 meter sou hulle slegs 0,5 mm hoog wees. Van die maan af sal 'n ruimtevaarder dit glad nie as bulte op die ronde aarde waarneem nie.
Voorbeelde
Voorbeelde van groot bergreekse:
- Ahaggar, in Noord-Afrika.
- Aïr, in Noord-Afrika.
- Alpe, in Sentraal-Europa.
- Andes, langs die weskus van Suid-Amerika.
- Apennyne, in Italië.
- Appalache, in Noord-Amerika.
- Atlasgebergte, in Noord-Afrika.
- Australiese Alpe, in Australië.
- Dinariese Alpe, in Suidoos-Europa.
- Drakensberge, in Suider-Afrika.
- Elboers, in Iran.
- Ethiopiese Hoogland, aan die Horing van Afrika.
- Groen Berge, in die Amerikaanse deelstaat Vermont.
- Groot Skeidingsgebergte (Great Dividing Range), in Australië.
- Himalaja, in Sentraal-Asië.
- Hindoekoesj, in Sentraal-Asië.
- Japannese Alpe, op die Japannese eiland Honsjoe.
- Karakoram, in Sentraal-Asië.
- Karpate, in Europa.
- Kaukasus, op die grens tussen Asië en Europa.
- Kunlun, in Sentraal-Asië.
- Nieu-Seelandse Alpe, op die Nieu-Seelandse Suideiland.
- Oeralgebergte, op die grens tussen Asië en Europa.
- Oos-Ghats, langs die ooskus van Indië.
- Pamir, in Sentraal-Asië.
- Pireneë, in Suidwes-Europa.
- Pontiese gebergte, in Wes-Asië.
- Rotsgebergte, in Noord-Amerika.
- Taconic-berge, in Nieu-Engeland.
- Taurus, in Wes-Asië.
- Tiensjan, in Sentraal-Asië.
- Wes-Ghats, langs die weskus van Indië.
- Zagros, in Wes-Asië.
Bronnelys
- KENNIS, vol 9, 1980, bl. 1673–1675, ISBN 0 7981 0828 2
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bergreeks.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.