Bergklipwagter
Die Bergklipwagter (Campicoloides bifasciata) is 'n endemiese, gelokaliseerde, algemene standvoël teen klipbesaaide grashange. Hulle kom in pare voor of in klein familiegroepe. Die voël is 16 – 17 cm groot en weeg 31 - 38 gram. In Engels staan die voël bekend as die Buff-streaked Chat.
Bergklipwagter | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. bifasciatus |
Binomiale naam | |
Campicoloides bifasciatus (Temminck, 1829) | |
Sinonieme | |
Saxicola bifasciata (Temminck, 1829) |
Dit is die enigste spesie in die genus Campicoloides wat onder die familie van vlieëvangers (Muscicapidae) en die orde van sangvoëls (Passeriformes) ressorteer. Dit is dus 'n monotipiese takson.
Sien ook
Bron
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Verwysings
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.