Bergfynbos en -renosterveld

Die bergfynbos en -renosterveld is 'n WWF-ekostreek van Suid-Afrika.[1]

Bergfynbos en -renosterveld
Ekostreek
WWF-kodeAT1203
LandeSuid-Afrika
BioomMediterreense woud, bos- en struikveld
EkosoneAfrotropiese gebied
FlorarykCapensis
Oppervlakte  45 800  km²
Beskerm %
Portaal  Portaalicoon   Biologie

Die ekostreek is veral in die berge van die Wes-Kaap geleë en ongeveer 81,5% daarvan bestaan uit fynbos en 18,5% uit renosterveld.

Gebiede

Dit bestaan uit vier gebiede:[1]

Die berge van die weste; van die Kaap tot die Bokkeveld in die noorde.Tafelberg, Kogelberg, Hottentots-Hollandberge, Du Toitskloof, Slanghoekberge, Hexrivier, Witsenberg, Groot-Winterhoekberge, Skurweberg, Koue Bokkeveld, Olifantsrivier, Sederberg en Gifberg.
Die kusgebergte van die Suid-KaapGroenlandberg, Riviersonderendberge, Kleinrivierberge, Langeberg, Outeniekwaberge, Tsitsikammaberge, Kougaberge, Groot-Winterhoekberge, Elandsberg
Die berge van die binneland, noord van die Klein-Karoo.Witteberg, Klein Swartberg, Groot Swartberg, Baviaanskloof
Die eilandberge van die Klein-Karoo.Anysberg, Warmwaterberg, Touwsberg, Rooiberg, Gamkaberg, Kammanassieberge, Antoniesberg

Flora

Die plante van die fynbosdeel omvat vier belangrike groepe: restio's, ericoïde, proteas en geofiete. 'n Endemiese plant wat hier groei is die klipkreupelbos. Daar is min bome, hoewel die Clanwilliamseder 'n endemiese boomspesie van die hierdie streek verteenwoordig.[1]

Sandkool is van die soorte wat in die bergrenosterveld voorkom.

Verwysings

  1. "WWF AT1203" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2019.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.