Bergadder
Die Bergadder (Bitis atropos) is 'n slang wat voorkom in die Kaapse Skiereiland, Sederberg, suidelike kusgebergtes, Drakensberg en Limpopo.
Bergadder | |
---|---|
![]() | |
'n Kleurvariant, tipies van die Sederberg, omtrent 32.33 grade Suid, 19.1 Oos. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | Viperinae |
Genus: | Bitis |
Spesie: | B. atropos |
Binomiale naam | |
Bitis atropos (Linnaeus, 1758) | |
![]() | |
Sinonieme | |
|
Voorkoms
Die slang se kleur wissel van gryslof tot donkerbruin of swart met klein, driehoekige patrone op die lyf en 'n donker pylvomige patroon op die driehoekige kop. Die slange se lengte wissel van 30 - 60 cm.
Gif
Die gif is senuvergiftigend (neurotoksies) met 'n spesifieke uitwerking op die optiese en gesigsenuwees. Dit veroorsaak 'n tydelike verlies van smaak en reuk, duiseligheid en ooglede wat hang. Slagoffers sterf nie van die gif nie maar mediese behandeling is nodig. Soos ander adders is die gif ook weefselvernietigend (sitotoksies).[2]
Sien ook
Bron
- Die Suid-Afrikaanse Gids- feite en wenke. Isabel Uys. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9
Verwysings
- McDiarmid RW, Campbell JA, Touré T. 1999. Snake Species of the World: A Taxonomic and Geographic Reference, vol. 1. Herpetologists' League. 511 pp. ISBN 1-893777-00-6 (series). ISBN 1-893777-01-4 (volume).
- 2. SA Fam Pract 2005;47(9): 48-53 https://www.ajol.info/index.php/safp/article/view/13271
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Bitis atropos. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.