Berenike IV
Berenike IV Epifaneia (Grieks: Βερενίκη; 77-55 v.C.) was 'n Griekse prinses en koningin van die Ptolemeïese dinastie van Egipte. Sy het van 58-55 v.C. oor Egipte regeer gedurende die verbanning van haar vader, Ptolemeus XII Auletes, na Rome. Dit is onduidelik of sy eers die medeheerser was saam met haar ma, Cleopatra V, of 'n moontlike suster, Cleopatra VI, maar sy het in 57 v.C. alleenheerser geword.
Berenike IV | ||||
Koningin van die Ptolemeïese dinastie | ||||
Periode | 58-55 v.C. | |||
Voorganger | Ptolemeus XII Auletes | |||
Opvolger | Ptolemeus XII | |||
Vader | Ptolemeus XII | |||
Moeder | Cleopatra V | |||
Gade(s) | Seleukos VII Kubiosaktes | |||
Gebore | 77 v.C. | |||
Oorlede | 55 v.C. | |||
|
Met die terugkeer van Ptolemeus XII na Egipte met Romeinse militêre hulp, is Berenike IV omvergewerp en deur haar vader laat vermoor. Hy het voor sy dood 'n ander dogter, Cleopatra VII, en sy seun Ptolemeus XIII as medeheersers aangewys.
Skakels
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.