Belize
Belize (voorheen: Brits-Honduras; Engels: [bəˈliːz], ; Spaans: Belice) is 'n land in Noord-Amerika en is die enigste Sentraal-Amerikaanse land waar Engels pleks van Spaans as 'n amptelike taal gebruik word. Belize beslaan 'n oppervlakte van 22 966 km² en het 'n bevolking van 419 199 in 2020 gehad. Belize grens in die noordweste aan Meksiko, in die suidweste aan Guatemala en in die ooste aan die Karibiese See. Die hoofstad is Belmopan en die grootste stad is Belize-stad.
| |||||
Nasionale leuse: Sub Umbra Floreo (Latyn vir: "Onder die skaduwee floreer ek") | |||||
Volkslied: Land of the Free (Engels vir: "Land van die vrye") Koninklike volkslied: God Save the King (Engels vir: "God beskerm die koning") | |||||
Hoofstad | Belmopan | ||||
Grootste stad | Belize-stad | ||||
Amptelike tale | Engels | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike monargie Charles III Froyla Tzalam Johnny Briceño | ||||
Onafhanklikheid | Januarie 1964 21 September 1981 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
22 966[1] km2 (147ste) 8 867 myl2 0,8 | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2010-sensus - Digtheid |
419 199[2] (176ste) 324 528[3] 17,79 / km2 (169ste) 46,1 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2022-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,683[5] (123ste) – medium | ||||
Gini (1999) | 53,3[6](10de) – medium | ||||
Geldeenheid | Dollar (BZD ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
CST (UTC-6) nie toegepas nie (UTC-6) | ||||
Internet-TLD | .bz | ||||
Skakelkode | +501 |
Belize se naam is ontleen aan die oos-vloeiende Belize-rivier wat naby Belize-stad in die Karibiese See uitmond. Dié rivier is deur die Dominikaanse priester Fray José Delgado in 1677 "Río Balís" genoem, afgelei van die Majaanse woord belix of beliz vir "modderwater".[7]
Nes die hele Yucatán-skiereiland is Belize deur Maja bevolk en het darem deel uitgemaak van Meso-Amerika. Die Spaanse conquistadores het die skiereiland verower, maar weens 'n gebreek aan natuurlike hulpbronne die gebied nie by die Spaanse Ryk ingelyf nie. Met die ondertekening van die Vrede van Parys in 1783 het Belize onder die invloed van die Koninkryk van Groot-Brittanje gekom en toe die kolonie Brits-Honduras geword. Vervolgens is dit by die Britse Ryk ingelyf, ondergeskik aan die Britse goewerneur van Jamaika. Nadat in 1961 die destydse hoofstad Belize-stad deur die orkaan Hattie verwoes is, is in die sentrum van Brits-Honduras begin met die oprigting van 'n nuwe hoofstad wat op 1 Augustus 1970 as Belmopan amptelik gestig is en sedertdien as hoofstad dien.
Op 21 September 1981 het Belize van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. Belize is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Charles III van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land.[8] Guatemala se aanspraak op sy grondgebied bly spanning veroorsaak.[9] Die land beskik oor 'n besondere biodiversiteit en 'n florerende toerismebedryf. Die koraalriwwe langs die kus is gewild by duikers.
Klimaat
Belize het 'n laagliggende, moerasagtige kusvlakte en lae berge in die suide. Die klimaat is tropies, warm en vogtig. Die reënseisoen is van Mei tot Desember.
Demografie
Belize beskik oor 'n diverse bevolking, waarvan die meerderheid Mestizo (52,9%), gevolg deur Kreole (25,9%) en Maja-Indiane (11,3%). Die belangrikste tale sluit in Engels (62,9%), Spaans 56,6%, Kreools (44,6%) en Majaans (10,5%).[1]
Verwysings
- (en) "Belize". Central Intelligence Agency. Besoek op 20 September 2022.
- (en) "Population and Population Density 2010, Postcensal estimates". Statistieke Instituut van Belize. Besoek op 18 Augustus 2019.
- (en) "Belize Population and Housing Census 2010: Country Report" (PDF). Statistieke Instituut van Belize. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 27 Januarie 2016. Besoek op 11 Desember 2014.
- (en) "Belize". Internasionale Monetêre Fonds. April 2022. Besoek op 20 September 2022.
- (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 20 September 2022.
- (en) "Gini index – Belize". Wêreldbank. Besoek op 20 September 2022.
- (en) Twigg, Alan (2006). Understanding Belize: A Historical Guide. Madeira Park, BC: Harbour Publishing. pp. 9–10, 38–45. ISBN 978-1-55017-325-3.
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- (en) "Belize-Guatemala border tensions rise over shooting". BBC. 22 April 2016. Besoek op 20 September 2022.
Bronnelys
- Algemeen
- (en) "Belize". Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 September 2022.
- (en) "Belize". Central Intelligence Agency. Besoek op 20 September 2022.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Belize.
- Toerisme-inligting oor Belize op Wikivoyage
- (en) Amptelike webwerf van Belize se regering