Belaja
Die Belaja (Russies: Бе́лая, Belaja; Basjkiries: Ағиҙел, Ağiźel, [ä.ʁi̠.ˈðɪ̞l], ; Tartaars: Агыйдел, Ağídel, اعىدئل, [ˌʌɣiˈdel]; almal letterlik: "witrivier") is die grootste sytak van die Kamarivier, die langste linkersytak van die Wolga in die Europese deel van Rusland. Dié rivier, met 'n lengte van 1 420 km (882 myl), ontspring in die suidelike Oeralgebergte in die Basjkortostan-republiek, net wes van die Oeral-rivier se bron. Aansluitend vloei dié rivier in 'n suidwestelike en later in 'n noordelike rigting deur Isjimbai tot by Oefa. Vanaf hier vloei die Belaja in 'n noordwestelike rigting en mond in die Tartarstan-republiek in die Kamarivier uit.[1]
Belaja | |
---|---|
Die stroomgebied van die Belaja | |
Oorsprong | Oeralgebergte, Basjkortostan, Rusland |
Monding | Tartarstan Kamarivier |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 1 420 km (882 myl) |
Gemiddelde afloop | 858 m³/s (30 300 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 142 000 km² (55 000 myl²) |
Kaart van die Belaja-bekken in Europa |
Verwysings
- "Belaya River" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 20 Augustus 2017.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Belaja.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.