Beeskrag
Die beeskrag (Euphorbia hamata) is 'n struik en vetplant wat tot die genus Euphorbia behoort. Die struik kom in die Noord-Kaap en Wes-Kaap voor. Dit kom ook in Namibiƫ voor naby Rosh Pinah. Dit is 'n bosagtige struik wat tot 45 cm hoog word. Die takke is driehoekig en word 6 tot 13 mm in deursnee. Dit gee 'n melksap af wanneer dit beskadig word. Die blare is ellipties en val gou af. Die blomhofies is eenslagtig, alleenstaande op die punte en word omring deur drie, pienkagtige skutblare. Hulle gelerig, heuninggeurig en 5 - 7 mm in deursnee.
Beeskrag | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | E. hamata |
Binomiale naam | |
Euphorbia hamata (Haw.) Sweet, (1818) | |
Sinonieme | |
|
Galery
Bronne
- Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika, John Manning, Briza Publikasies, ISBN 978 1 920217 01 3
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.