Beaufort-groep
Die Beaufort-groep is die derde onderafdeling van die Karoo-supergroep van Suid-Afrika. Dit bestaan hoofsaaklik uit sandsteen en skalie wat vanaf die middel van die Permiese Periode tot die middel van die Trias afgeset is.
Afsettings in die Beaufort-groep (oos van die lengtegraad 24° oos) sluit die volgende in:
- Laer Adellaide-subgroep bestaande uit:
- Koonap-formasie
- Middleton-formasie
- Balfour-formasie
- Boonste Tarkastad-subgroep bestaande uit:
- Katberg-formasie
- Burgersdorp-formasie
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.