Bayon

Die Bayon (Khmer: ប្រាសាទបាយ័ន, Prasat Bayon) is ’n bekende, ryklik versierde tempel uit die Khmer-ryk in Angkor, Kambodja. Dit is in die laat 12de of vroeë 13de eeu gebou as die amptelike staatstempel van die Mahayana-Bhoeddistiese koning Jayavarman VII. Dit staan in die middel van Jayavarman se hoofstad, Angkor Thom.[1][2] Ná Jayavarman se dood is dit deur latere Hindoe- en Theravada-Boeddhistiese konings verander en aangepas volgens hul eie godsdiensvoorkeure.

Bayon
Koördinate13°26′28″N 103°51′31″O
Plaaslike naam ប្រាសាទបាយ័ន
Land Kambodja
SoortTempel
StreekSiem Reap
Geskiedenis
BouerJayavarman VII
GestigEinde 12de eeu
TydperkMiddeleeue
KultureKhmer-ryk

Die Bayon se kenmerkendste eienskap is die talle kalm, glimlaggende gesigte teen die baie torings op die boonste terras.[3] Die tempel het ook twee indrukwekkende stelle basreliëfs wat ’n ongewone kombinasie van mitologie, geskiedenis en alledaagse tonele uitbeeld. Die huidige hoofbewaringsliggaam van die tempel, die Japannese Regeringspan vir die Beskerming van Angkor (die JSA) het die tempel beskryf as die "treffendste voorbeeld van die barokstyl" van die Khmer-argitektuur, in teenstelling met die klassieke styl van Angkor Wat.[4]

Verwysings

  1. Higham, C., 2001, The Civilization of Angkor, Londen: Weidenfeld & Nicolson, ISBN 9781842125847, p.121
  2. Higham, C., 2014, Early Mainland Southeast Asia, Bangkok: River Books Co., Ltd., pp.378-382 ISBN 9786167339443
  3. Freeman en Jacques, p.78.
  4. The Bayon Symposium

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.