Bayer 04 Leverkusen

Bayer Leverkusen is 'n Duitse sportklub uit die stad Leverkusen in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, waarvan veral die sokkerafdeling bekend is. Die klub het ook afdelings vir onder meer handbal, vlugbal en basketbal. Die klub se tuisveld, die Ulrich-Haberland-stadion, staan sedert 1999 as die BayArena bekend.

Bayer 04 Leverkusen
logo
Volle naam Bayer 04 Leverkusen Fußball GmbH
Bynaam/me Werkself
Vizekusen
Neverkusen
Stigting 1 Julie 1904 as TSV Bayer 04Leverkusen e.V.
1 April 1999 (Fußball GmbH)
Tuisveld BayArena,
Leverkusen
Kapasiteit 30 210
Bestuurder Peter Bosz (afrigter)
Liga Bundesliga
2021/22 3. posisie
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Tuiskleure
Spankleure Spankleure Spankleure
Spankleure
Spankleure
 
Wegkleure

Die klub het op 1 Julie 1904 ontstaan as Turn- und Spielverein Bayer 04 Leverkusen, 'n sportklub vir die werknemers van die maatskappy Bayer AG (destyds nog bekend as Friedrich Bayer & Kie). Op 31 Mei 1907 is die sokkerafdeling gestig en op 8 Junie 1928 het die sokkerafdeling (saam met van die ander afdelings) onafhanklik geword as Sportvereinigung Bayer 04 Leverkusen. Die gimnastiekafdeling het egter voortgegaan as TuS Bayer 04 Leverkusen. Die twee afdelings het eers weer in 1984 saamgesmelt en die huidige klub gevorm.

Die klub het die eerste keer in 1951 op die hoogste vlak meegeding toe die Oberliga Wes gehaal is. Met die stigting van die Bundesliga het die klub egter op die tweede vlak meegeding en die Bundesliga is eers in 1979 die eerste keer gehaal.

Leverkusen se eerste groot sukses is in 1988 behaal met die verowering van die UEFA-beker deur Espanyol in die eindstryd met strafskoppe te verslaan. Nog 'n hoogtepunt was die verowering van die DFB-Pokal in 1993. In die Bundesliga was die klub veral in die laaste jare redelik suksesvol gewees met vier tweede plekke as hoogtepunt. Die klub kon egter nog nooit Duitse kampioen word nie.

Erelys

DFB-Pokal

1993

UEFA-beker

1988

UEFA kampioeneliga finalis:

2002 (verloor 2-1 teen Real Madrid)

Onlangse ligaposisionering

  • 1963-64 (II) Regionalliga Wes 12de
  • 1964-65 (II) Regionalliga Wes 16de
  • 1965-66 (II) Regionalliga Wes 14de
  • 1966-67 (II) Regionalliga Wes 10de
  • 1967-68 (II) Regionalliga Wes 1ste
  • 1968-69 (II) Regionalliga Wes 8ste
  • 1969-70 (II) Regionalliga Wes 11de
  • 1970-71 (II) Regionalliga Wes 7de
  • 1971-72 (II) Regionalliga Wes 8ste
  • 1972-73 (II) Regionalliga Wes 17de
  • 1973-74 (III) Amateurliga Middel-Ryn 1ste
  • 1974-75 (III) Amateurliga Middel-Ryn 1ste
  • 1975-76 (II) 2.Bundesliga Noord 15de
  • 1976-77 (II) 2.Bundesliga Noord 10de
  • 1977-78 (II) 2.Bundesliga Noord 8ste
  • 1978-79 (II) 2.Bundesliga Noord 1ste
  • 1979-80 (I) Bundesliga 12de
  • 1980-81 (I) Bundesliga 11de
  • 1981-82 (I) Bundesliga 16de
  • 1982-83 (I) Bundesliga 11de
  • 1983-84 (I) Bundesliga 7de
  • 1984-85 (I) Bundesliga 13de
  • 1985-86 (I) Bundesliga 6de
  • 1986-87 (I) Bundesliga 6de
  • 1987-88 (I) Bundesliga 8ste
  • 1988-89 (I) Bundesliga 8ste
  • 1989-90 (I) Bundesliga 5de
  • 1990-91 (I) Bundesliga 8ste
  • 1991-92 (I) Bundesliga 6de
  • 1992-93 (I) Bundesliga 5de
  • 1993-94 (I) Bundesliga 3de
  • 1994-95 (I) Bundesliga 7de
  • 1995-96 (I) Bundesliga 14de
  • 1996-97 (I) Bundesliga 2de
  • 1997-98 (I) Bundesliga 3de
  • 1998-99 (I) Bundesliga 2de
  • 1999-00 (I) Bundesliga 2de
  • 2000-01 (I) Bundesliga 4de
  • 2001-02 (I) Bundesliga 2de
  • 2002-03 (I) Bundesliga 15de
  • 2003-04 (I) Bundesliga 3de
  • 2004-05 (I) Bundesliga 6de
  • 2005-06 (I) Bundesliga 5de
  • 2006-07 (I) Bundesliga 5de
  • 2007-08 (I) Bundesliga 7de
  • 2008-09 (I) Bundesliga

Eksterne skakels

Bundesliga 2018/19-seisoen

TSG 1899 Hoffenheim - FC Augsburg - Bayer 04 Leverkusen - FC Bayern München - BV Borussia Dortmund - RB Leipzig - Eintracht Frankfurt - Hannover 96 - SC Freiburg - Hertha BSC - Fortuna Düsseldorf - FSV Mainz 05 - VfL Borussia Mönchengladbach - 1. FC Neurenberg - FC Schalke 04 - VfB Stuttgart - SV Werder Bremen - VfL Wolfsburg

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.