Baviaanskloofberge

Die Baviaanskloofberge is bergreeks wat noord van die Baviaanskloof is en deel van die Kaapse Plooigordel vorm. Die berg strek oos-wes, is oos van Antoniesberg en strek tot teen die Groot-Winterhoekberge. Die hoogste punt is Scholtzberg (1625 m). Suid van Baviaanskloof is die Kougaberge. Studtis is net suid van die Baviaanskloofberge langs die Baviaanskloofrivier.

Panorama van die Baviaanskloofberge.
Panorama van die Baviaanskloofberge.

Bron

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.