Baviaanskloof-wildernisgebied

Die Baviaanskloof-wildernisgebied is geleë in die Oos-Kaap en is 288 087 hektaar groot. Dit sluit die Baviaanskloof, Groendal- en Formosa-natuurreservate in. Die gebied is meer bekend vir sy ongelooflike natuurskoon as die fauna en flora. Die area is bergagtig met baie riviere en ravyne. Die hoogste punt in die gebied is Cockscomb (1758 m) in die Groot-Winterhoekberge.

Baviaanskloof-wildernisgebied
Land Suid-Afrika
Provinsie Oos-Kaap
Naaste dorp Willowmore
Ligging van Baviaanskloof-wildernisgebied op 'n kaart (Oos-Kaap)
Baviaanskloof-wildernisgebied
Baviaanskloof-wildernisgebied
Koördinate: 33°30′0″S 24°08′0″O
Oppervlak 500 000 ha
Bestuursliggaam Oos-Kaap-Parke

Soogdiere

Van die groot soogdiere wat hier gevind word, is luiperd, buffel, koedoe, bergsebra, rooihartbees, bosbok, rooiribbok, eland en bobbejaan.[1]

Vislewe

Daar kom dertien visspesies voor in riviere en damme in die park. Van hulle is die Kaapse kurper (Sandelia capensis), Goud-ghieliemientjie (Barbus pallidus), Kleinskub-rooivlerkie (Pseudobarbus asper) en Oos-Kaapse rooivlerkie (Pseudobarbus afer). Uitheemse spesies wat ingevoer en losgelaat is met rampspoedige gevolge is die Skerptandbaber (Clarias gariepinus), Grootbekbaars (Micropterus salmoides) en die Vleikurper (Tilapia sparrmanii).

Sien ook

Bronne

  • Stuart, Chris & Mathilde (2012). National Parks and Nature Reserves. Struik Travel and Heritage. ISBN 978-1-77007-742-3.
  • Weg-tydskrif. Februarie 2014.
Panorama oor die Baviaanskloof-wildernisgebied.
Panorama oor die Baviaanskloof-wildernisgebied.

Verwysings

  1. "Baviaanskloof.net" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2017.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.