Basjkiriërs
Die Basjkiriërs (Basjkiers: Башҡорттар, Başqorttar, [bɑʂqʊrtˈtɑr]; Russies: Башкиры, Baškiry, [bɐʂˈkʲirɨ]) is 'n Turkse etniese groep inheems aan die outonome republiek Basjkortostan in Rusland, weerskante van die Oeralgebergte. Hulle praat Basjkiers, 'n Turkse taal, as moedertaal en Russies as tweede taal. Die Basjkiriërs is hoofsaaklik aanhangers van die Soennitiese Islam, gevolg deur 'n klein minderheid Oosters-Ortodokse Christene.
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Basjkiers.
Basjkiriërs | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 2 miljoen[1] |
Belangrike bevolkings in: | Rusland 1 584 554[2]
|
Taal: | Basjkiers, Russies[4] |
Geloofsoortuiging: | Soennitiese Islam[5] |
Verwante etniese groepe: | Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Oesbeke, Tartare, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene; Russe |
Basjkiriërs vorm die vierde grootste etniese groep in Rusland en maak sowat 1,2% van dié land se bevolking volgens die sensus van 2010 uit. Die meeste Basjkiriërs leef in die outonome republiek Basjkortostan (Rusland), gevolg deur Kasakstan.
Verwysings
- Lewis, M. Paul (ed.) (2009). "Ethnologue: Languages of the World, Sixteenth edition" (in Engels). Dallas, Tex.: SIL International. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2012.
{{cite web}}
:|author=
has generic name (hulp) - "ВПН-2010" (in Engels). Perepis-2010.ru. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2013. Besoek op 16 Maart 2015.
- (kk) Geargiveer 14 September 2013 op Wayback Machine
- "8. НАСЕЛЕНИЕ НАИБОЛЕЕ МНОГОЧИСЛЕННЫХ" (PDF) (in Russies). Gks.ru. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 16 Maart 2015.
- (en) "Bashkortostan and Bashkirs", Encyclopedia.com
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Basjkiriërs.
- (en) "Bashkir". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Januarie 2019.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.