Basispaar
Die erflike materiaal, deoksiribonukleïensuur (DNS), bestaan uit ’n baie lang ketting basispare in die vorm van ’n dubbele heliks. Hierdie basispare bestaan elk uit twee nukleotiede.
![](../I/Difference_DNA_RNA-AF.svg.png.webp)
’n Vergelyking tussen ’n enkelstring-RNS en ’n dubbelstring-DNS met hul ooreenstemmende nukleobasisse.
Deel van 'n reeks oor |
Genetika |
---|
![]() |
Inleiding tot die genetika |
Geneties gemanipuleerde organismes |
Geskiedenis en regulering |
Prosese |
|
Toepassings |
Twispunte |
Die nukleotiede in DNS is horisontaal in pare gekoppel wat vertikaal aan twee lang stringe verbind is, soos ’n soort leer. Die vier nukleotiede in DNA is sitosien (C), guanien (G), adenien (A) en timien (T). A vorm altyd ’n paar met T (en omgekeerd) en G vorm ’n paar met C (en omgekeerd). Tussen G en C is drie waterstofbrûe, en tussen A en T twee.
Ribonukleïensuur (RNS) bevat geen timien nie, maar urasiel (U).
Eksterne skakels
Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.