Barrakuda

Die Barrakuda (Sphyraena barracuda) is 'n roofvis wat aan die kus van die Indiese Oseaan voorkom, noordwaarts vanaf Durban.

Barrakuda
'n Barrakuda in Paradise Reef, Cozumel, Mexico
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Sphyraena
Spesie:
S. barracuda
Binomiale naam
Sphyraena barracuda
(Edwards in Catesby, 1771)
Sinonieme

Sphyraena barracuda Walbaum, 1792

Voorkoms

Die roofvis is groot met 'n lang silindriese lyf en verlengde kop met baie skerp tande. Die bokant van die lyf is staalgrys van kleur terwyl die kante en pens meer neig na silwer. Vertikale strepe kan gesien word op die lyf van pas gevangde visse en daar is kolle op die agterste sye van die vis. In Suid-Afrika is die hengelrekord 24 kg terwyl die vis normaalweg tot 20 kg swaar en ±1.8 m lank word. In ander wêrelddele word die visse selfs groter.

Gewoontes

Met sy prominente, skerp tande val die roofvis enige spesie in die water aan. Kleiner Barrakudas kom in skole voor en bly in kalmer waters terwyl die volwassenes alleen jag by riwwe. Die vis is nie 'n gewilde eetvis nie.

Sien ook

Bronne

  • Top Angling Fishes of Southern Africa. Hennie Crous. 2010. ISBN 978 1 77007 403 3
  • Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6

    Eksterne skakel

    This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.