Barnaoel

Barnaoel (Russies: Барнау́л) is die hoofstad van die Altai-krai in Rusland. Dit is in die suidweste van die Siberiese Federale Distrik aan die Ob-rivier geleë. Dit het ongeveer 632 848 inwoners (2014-sensus).

Barnaoel

Барнаул
Stad
Vlag van Barnaoel
Vlag
Wapen van Barnaoel
Wapen
Barnaoel is in Altai-krai
Barnaoel
Barnaoel
Ligging van Barnaoel in Altai-krai
Koördinate: 53°17′27″N 83°38′52″O
LandVlag van Rusland Rusland
DeelgebiedAltai-krai
Stigting1730's
Regering
  TipeStadsdoema
  HoofIgor Sawintsef (waarnemend)
Bevolking
  Totaal632 848
TydsoneUTC+07:00
Webwerfhttp://www.barnaul.org/

Barnaoel is die naaste groot stad aan die Altai-gebergte in die suide. Dit lê ook redelik naby aan Rusland se grense met Kazachstan, Mongolië en China.

Geskiedenis

Barnaoel was een van die eerste stede wat in Siberië gestig is. Die ligging is aanvanklik gekies weens die nabyheid van die mineraalryke Altai-gebergte asook ’n groot rivier. Teen die vroeë 19de eeu is 90% van Rusland se silwer in die Altai-streek vervaardig.

Teen die 20ste eeu het die stad gegroei tot een van die grootste handel- en kultuursentrums in die streek, veral ná die bou van ’n groot spoorlyn.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.