Barcelona
Barcelona (Katalaans: [bəɾsəˈlonə]; Spaans: [baɾθeˈlona]) is die hoofstad van Katalonië en die tweede grootste stedelike nedersetting in Spanje na Madrid, geleë aan die Middellandse See. Barcelona is daarnaas die elfde grootste stad in die Europese Unie en die tweede grootste stedelike nedersetting (ná Hamburg) wat nie as hoofstad van 'n lidstaat fungeer nie. Die stad is beroemd vir sy vele kunsversamelings, byvoorbeeld van Picasso, en geboue wat deur die argitek Antoni Gaudí ontwerp is.[1]
Barcelona | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Spanje |
Administratiewe gewes | Katalonië |
Provinsie | Barcelona |
Koördinate | 41°23′N 02°11′O |
Stigting | 3de eeu v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 101,4 vk km |
Hoogte bo seevlak | 12 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2018) | 1 620 343 |
- Bevolkingsdigtheid | 16 000/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Ada Colau Ballano |
Amptelike webwerf | www.barcelona.cat |
Geografie
Barcelona is geleë in die noordooste van die Iberiese Skiereiland, aan die kus van die Middellandse See. Dit is die grootste stad wat aan die Middellandse See geleë is.
Weergegewens vir Barcelona Lughawe, Katalonië, Spanje | |||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Maand | Jan | Feb | Mar | Apr | Mei | Jun | Jul | Aug | Sep | Okt | Nov | Des | Jaar |
Gemiddelde maksimum (°C) | 13,4 | 14,36 | 15,9 | 17,6 | 20,5 | 24,2 | 27,5 | 28 | 25,5 | 21,5 | 17 | 14,3 | 20 |
Gemiddelde temperatuur (°C) | 8,9 | 9,9 | 11,3 | 13,0 | 16,2 | 19,9 | 23 | 23,6 | 21,1 | 17 | 12,5 | 10,0 | 15,5 |
Gemiddelde minimum (°C) | 4,4 | 5,3 | 6,7 | 8,5 | 12 | 15,7 | 18,6 | 19,3 | 16,7 | 12,6 | 8,1 | 5,7 | 11,1 |
Neerslag (mm) | 41 | 29 | 42 | 49 | 59 | 42 | 20 | 61 | 85 | 91 | 58 | 51 | 640 |
Bron: Agencia Estatal de Meteorología[2] |
Sport
Barcelona was die gasheerstad vir die Olimpiese Somerspele en die Paralimpiese Somerspele in 1992. Die stad is bekend vir sy sokkerklub FC Barcelona. Dit was ook een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1982.
Verwysings
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- (es) Valores climatológicos normales Barcelona Aeropuerto www.AEMET.es
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Barcelona.
- (en) Toerisme-inligting oor Barcelona op Wikivoyage
- (ca) (es) Amptelike webwerf