Barbital
Barbital, bemark deur Bayer in 1904 onder die handelsname of handelsmerke "Veronal" ten opsigte van die suiwer suur, en "Medinal" ten opsigte van die natriumsout, was die eerste kommersieël beskikbare barbituraat.
Dit was gebruik as 'n slaapmiddel (vir hipnotiese doeleindes) vanaf 1903 tot die middel 1950's. Die chemiese name vir barbital is diëtielmalonielureum of dieëtielbarbituursuur; en derhalwe is die natriumsout (bekend as "Medinal", 'n generiese handelsmerk in die Verenigde Koninkryk) ook bekend as natriumdieëtielbarbituraat.
Galery
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.