Barbapapa
Barbapapa is die titelkarakter en naam van die "spesie" van die genoemde karakter, van 'n reeks kinderboeke wat in die 1970's geskryf is deur die Franse argitektuurstudent Anette Tison en die Amerikaanse biologieleraar Talus Taylor, woonagtig in Parys, Frankryk.[1] Die eerste boek het in 1970 in Frans verskyn (barbe à papa is Frans vir spookasem of kan letterlik vertaal word as "papa se baard") en is later in meer as 30 tale vertaal.
Barbapapa | |
Ook bekend as as | Les barbapapa Barbapapa Sekai o Mawaru |
---|---|
Genre | Animasiefliek |
Komponis(te) | Henk van der Velde |
Oorsprong | Frankryk Japan |
Taal | 30 |
Aantal seisoene | 3 |
Aantal episodes | 150 |
Produksie | |
Vervaardiger(s) | Askania Media Filmproduktion |
Looptydperk | 5 minute |
Uitsending | |
Eerste lopie | 1974–1999 |
Webskakels | |
Amptelike webwerf |
Karakters
Die hoofkarakters
- Barbapapa: die protagonis. Hy is pienk en meestal peervormig.
- Barbamama: die vrou van Barbapapa. Sy is swart van kleur. Hulle het saam 7 kinders elk met sy eie kleur:
- Barbabee is 'n geel seun en hou van diere en kan met hulle kommunikeer.
- Barbalala is 'n groen meisie en hou van musiek.
- Barbabientje is 'n oranje meisie en hou van boeke en teater.
- Barbabob is 'n swart harige seun en hou van kuns.
- Barbabella is 'n pers meisie en hou van skoonheid.
- Barbabenno is 'n blou seun en hou van wetenskap en tegniek.
- Barbaborre is 'n rooi seun en hou van krag en heldedom.
Bykomende karakters
- Michiel is die seun in wie se tuin die Barbapapas gebore is.
- Annabel is die sus van Michiel. Die twee speel graag met die Barbapapas.
- Lolita is 'n swart-wit gevlekte, stout hondjie wat in die laaste reeks sy verskyning maak.
Alternatiewe titels
Titels vir Barbapapa in ander tale:
- In Arabies "بارباالشاطر".
- In Bulgaars "Барбароните"
- In Chinees "巴巴爸爸".
- In Grieks "Μπαρμπαμπαμπάς"
- In Hebreeus "ברבאבא".
- In Yslands "Barbapabbi".
- In Italiaans "Barbapapà".
- In Japannees "バーバパパ"
- In Noorweegs "Barbapappa"
- In Persies "باربا پاپا".
- In Serwies "Tatabrada".
- In Spaans "Barbapapá"
- In Sweeds "Barbapappa"
- In Thai "บาร์บ้าปาป้า"
- In Turks "Tonton Ailesi"
- In Koreaans "바바빠빠"
- In Afrikaans, Deens, Duits, Engels, Fins, Hongaars, Nederlands, Pools, Portugees, Sloweens "Barbapapa"
Verwysings
- "Meet the Barba-authors" (in Engels). Naughty Kitty Studios. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 8 Mei 2008.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Barbapapa.
- (fr) Amptelike webblad
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.