Bantu Holomisa
Bantubonke Harrington Holomisa[1][2] (gebore 25 Julie 1955 in Mqanduli, Transkei (tans die Oos-Kaap)) is 'n Suid-Afrikaanse parlementslid wat die United Democratic Movement verteenwoordig.
Bantu Holomisa | |
President van die UDM | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 1997 | |
Adjunkminister van omgewingsake en toerisme | |
---|---|
Ampstermyn Mei 1994 – 30 September 1996 | |
President | Nelson Mandela |
President van Transkei | |
Ampstermyn 1987 – Mei 1994 | |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Bantubonke Harrington Holomisa 25 Julie 1955 Mqanduli, Transkei |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Politieke party | United Democratic Movement |
Holomisa het hom in 1976 by die Transkeise weermag aangesluit en is tot brigadier bevorder in 1985.[1][3] Hy het eerste minister Stella Sigcau[4] in 1987 in 'n staatsgreep omvergewerp en was die leier van die Transkei van 1987 tot 1994.[1]
In 1994 is Holomisa tot die ANC se nasionale uitvoerende komitee verkies,[2] en was die adjunkminister van omgewingsake en toerisme van Suid-Afrika.[5] Hy is uit die ANC geskop op 30 September 1996[6] na hy getuig het voor die waarheid-en-versoeningskommissie.[5]
Holomisa was die medestigter van die UDM in 1997[5] saam met Roelf Meyer,[7] en is tot die parlement verkies in 1999.
Verwysings
- "General Bantubonke Harrington "Bantu" Holomisa (profile)". Who's who of Southern Africa (in Engels). 24.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2009. Besoek op 14 Desember 2007.
- "Holomisa, H. Bantubonke (Bantu) – co-founder and president of United Democratic Movement". Contemporary Africa database. The Africa Centre. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2018. Besoek op 12 Desember 2007.
- Pissarra, Mario (1 November 2001). "Holomisa, H. Bantubonke (Bantu)". Contemporary Africa database. The Africa Centre. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2018. Besoek op 12 Desember 2007.
- "Stella Sigcau dead at 69". Mail&Guardian. 8 Mei 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2012. Besoek op 14 Desember 2007.
- "Résumé of Mr HB Holomisa, MP" (in Engels). UDM. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op 12 Desember 2007.
- The rise and fall of Bantu Holomisa. African National Congress, Department of Information and Publicity (1997-05-30). URL besoek op 2007-12-12.
- Bell, Terry; Dumisa Buhle Ntsebeza. 2003 Unfinished business: South Africa, apartheid and truth, b. 30, Verso. ISBN 1-85984-545-2. URL besoek op 2007-12-14.