Bamboesberg
Die Bamboesberg is 'n bergreeks geleë in die noordwestelike hoek van die Oos-Kaap, Suid-Afrika, suidoos van Steynsburg. Die reeks is vernoem na die bamboesplant (Thamnocalamus tessellatus) wat welig in sy klowe groei.[1]
Bamboesberg | |
---|---|
Die Bamboesberg op die R56-pad tussen Steynsburg en Molteno gesien. | |
Ligging | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Hoogte | 2208 meter bo seevlak |
Reeks | Stormberg |
Koördinate | 31°36′24″S 26°07′12″O |
Bergtipe | Bosveldstollingskompleks en sandsteen. |
Rotsouderdom | Neoargeaans tot vroeg-Paleoproterosoïes |
Bamboesberg |
Die Bamboesberg is 'n uitloper van die Stormberge, en 'n deel van die reeks kan parallel en oos van die pad tussen Hofmeyr en Tarkastad gesien word. Sommige van sy pieke is meer as 1800 m (6000 voet) hoog - Aasvoëlberg, 35 km wes van Sterkstroom, styg tot 2208 m (7245 voet). Die Stormbergspruit is 'n sytak van die Oranjerivier. Die rotse is saamgestel uit sediment van die Stormbergreeks in die Karoostelsel.[2][3]
Sien ook
Verwysings
- Raper, Peter E. (1987). Dictionary of Southern African Place Names. Internet Archive. p. 68. Besoek op 30 Oktober 2013.
- Standard Encyclopaedia of Southern Africa - vol 2
- "Preliminary overview of mountains in South Africa". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2012. Besoek op 6 September 2016.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.