Bakbos
Bakbos of oondbos (Nidorella ivifolia DC.) is 'n struik en kruidplant wat inheems is aan Suid-Afrika, Lesotho en Eswatini. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys.[2] Die plant kom in groot dele van die Wes-Kaap en Oos-Kaap voor, asook in die hoër dele van KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo. Dit groei in vogtige habitatte, soos langs stroompies en bosrande.[3]
Bakbos | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Asterales |
Familie: | Asteraceae |
Genus: | Nidorella |
Spesie: | N. ivifolia |
Binomiale naam | |
Nidorella ivifolia (L.) J.C.Manning & Goldblatt | |
Sinonieme | |
Identifikasie
Die plant is 'n struikie met 'n behaarde stam wat 1,2 m hoog word. Die blare groei aan slanke blaarstele wat 1 cm lank kan word. Hulle is ellipties tot lansvormig en 6 x 2 cm groot. Die blomhofies word 8 mm in deursnee en kom in oop trosse aan die bopunt van die plant voor.
Gebruik
Die blare word versamel en kan op die mark gevind word. Hulle is sag en het 'n aangename aromatiese reuk. Dit word uitwendig gebruik vir swere en ontstekings en inwendig teen koors en diarree.
Daar is min bekend oor die farmakologiese werking van hierdie kruid, maar navorsing het getoon dat dit geen alkaloïede, sianogene of van antrakwinoon-afgeleide stowwe bevat nie. Sommige hartglikosiede, saponiene en tanniene is wel aanwesig, asook diterpeensure soos koniskabraansuur, hautriwaansuur, nidoresedaansuur en printziaansuur.[3]
Verwysings
- https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:77132396-1
- "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2015.
- PlanZAfrica medmonographs.
- https://www.inaturalist.org/taxon_changes/45401
- https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:1162985-2