Bajosium
Die Bajosium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Jura (serie/epog Middel-Jura). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | |
---|---|---|---|---|
Kryt | Vroeg | Berriasium | jonger | |
Jura | Laat | Titonium | 145,0–152,1 | |
Kimmeridgium | 152,1–157,3 | |||
Oxfordium | 157,3–163,5 | |||
Middel | Callovium | 163,5–166,1 | ||
Batonium | 166,1–168,3 | |||
Bajosium | 168,3–170,3 | |||
Aalenium | 170,3–174,1 | |||
Vroeg | Toarsium | 174,1–182,7 | ||
Pliensbachium | 182,7–190,8 | |||
Sinemurium | 190,8–199,3 | |||
Hettangium | 199,3–201,3 | |||
Trias | Laat | Rhaetium | ouer | |
Die verdeling van die Jura (IKS). |
Die tydperk was van sowat 170,3 tot 168,3 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Aalenium en gevolg deur die Batonium.
Naam en definisie
Die Bajosium is genoem na Bayeux in die Franse département Calvados. Die naam is in 1864 daaraan gegee deur die Franse paleontoloog Alcide d'Orbigny.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die ammonietgenus Hyperlioceras, en die bokant deur die eerste voorkoms van die ammoniet Parkinsonia (G.) convergens.
Verwysings
- Gradstein et al. (2012)
Bronne
- (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.